Fabrieke brand af in Rosslyn

Carla Steyn het die foto aan Maroela Media gestuur

Vyf fabrieke in Rosslyn, noord van Pretoria is Woensdag in puin gelê tydens ʼn brand.

LookLocal Pretoria-Noord berig dat die brand omstreeks 15:00 Woensdagmiddag in ʼn fabriek wat skuimrubber vervaardig, ontstaan het. Die brand het glo weens sterkte winde na vier ander fabrieke versprei. Die brande is teen 17:00 onder beheer gebring. Twee mense het glo beserings opgedoen. Die omvang van die skade moet nog bepaal word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.