Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit

'n Skermskoot van die plasing op 947 Breakfast Express se Facebook-blad

‘n Skermskoot van die plasing op 947 Breakfast Express se Facebook-blad

Die sosiale netwerk Facebook was vandag behoorlik aan die gons oor twee van die sogenaamde Waterkloof-vier wat weer in hegtenis geneem is.

“Hoekom maak hulle so groot bohaai oor die Waterkloof ouens, alle gevangenes het selfone en is steeds op Facebook,” het Shai Ling op 947 Breakfast Express se Facebook-blad geskryf nadat daar ʼn video opgelaai is van Christoff Becker en Frikkie du Preez wat glo partytjie hou in ʼn tronksel. “As enigiemand te blameer is, is dit ons opgef**te stelsel.” Becker en Du Preez was Sondag weer agter tralies nadat die video aan die lig gekom het. Michelle Roos het Ling se kommentaar beaam. “Stem saam Shai Ling! En hoe het hulle die alkohol gekry. Hulle het nie self na die winkel/drankwinkel gehardloop nie???” Nog ʼn Facebook-gebruiker sê hy kan nie enige alkohol in die video sien nie. “Sover ek op die videogreep kan sien is daar nie alkohol wat gedrink word nie en is die enigste alkohol die wat op die TV-skerm gewys word m.a.w. virtuele alkohol alles ʼn storm in ʼn teekoppie,” het Frik Ströh gesê. Shirley van Niekerk sê die tronkbewaarders is die mense wat ondersoek of afgedank moet word.

“Hulle is simpel jongelinge wat die feit dat hulle ligtelik afgekom het vier,” het Cherylyn Fairlie gesê. “Daar is geen berou vir wat hulle gedoen het nie….hulle het ʼn mens doodgemaak en nou is hulle bekendes aangesien die video hulle kitsroem besorg het.” Maritsa Greeff sê sy verstaan nie hoekom mense oor die selfone kla nie. “Van die video kan ek ʼn rekenaar en ʼn ketel en nog goed sien. Sommige mense daar buite het dit nie eers by die huis nie!! So bly my belastinggeld word gebruik om gevangenes te bederf sodat hulle ʼn gemaklike lewe kan hê terwyl hulle veronderstel is om gestraf te word.”

Becker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is Dinsdag op parool vrygelaat nadat hulle in 2008 tronkstraf begin uitdien het. Die vier mans is skuldig bevind aan die moord op ʼn hawelose man.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Dis waar die vier het n mens doodgemaak …. Waar is die lyk? Maar daar gelaat …. Hulle was 15 -16jr toe dit plaasgevind het hoe lank gaan ons ten hemel skree? Dit is so dat van die jong manne aandag soek en die limelight wil steel so what? Kom ons bepaal ons by onse lewe en as jy heeltemal skoon is gooi dan die eerste plek. Nie te min sterkte aan die jong manne vir die moeilike pad voorentoe.

Slim Daan ·

Waar’s die lyk ?? Watse Waterkloof-mentaliteit openbaar jy hier ? Verwag jy na afloop van n moord die lyk as bewysstuk gemummifiseer word?
Om voorts die eerste ” plek ” ( klip ? ) te gooi sal maar bars. Mag die lig vOrentoe vir jou opgaan jongman. ” So what ” is seker wat jy jou vader toegesnou het toe dit aan die lig kom jy’t jou Afrikaans op skool ge-pluk ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.