Facebook-gebruikers ontstoke

Mark Zuckerberg, Facebook

Facebook-gebruikers is ontstoke ná dié sosiale netwerk gebruikers se e-posadresse sonder hul medewete verander het.

Facebook het in April aangedui dat hy “adresse op Facebook sal verander om dit eenvormig te hou regoor die webwerf,” het sekuriteitskonsultant Graham Cluley van Sophos gesê. Bloggers het oor die naweek die verandering begin oplet dat hul kontakinligting verander is, in wat sommiges ‘n “Gmail-moord” noem.

“Facebook het stil-stil hulself in kommunikasie ingesluit by mense wat ‘n e-pos aan my wou stuur,” het Gervase Markham op sy blog, “Hacking for Christ”, gesê. “Dit word ook die “middelman-aanval” genoem.”

“Die sosiale netwerk het nie duidelik kommunikeer dat hulle die @facebook.com-e-posadres elke gebruiker se basis-e-pos sou maak nie,” het Cluley gesê. “Dit is duidelik dié webwerf se manier om mense te kry om al hoe meer die @facebook.com-adres te gebruik, wat dit vir jou al hoe moeiliker sal maak om jouself van die netwerk los te maak.”

‘n Facebook-verklaring sê dit stem ooreen met dít wat hulle in April aangekondig het, berig TimesLive. “Ons het aan mense ‘n adres verskaf en ‘n nuwe instelling aangebied wat mense die keuse bied om die e-posadres wat hul op hul tydlyn wil vertoon te kies,” het die maatskappy gesê. “Sedert die nuwe tydlyn ‘n aanvangs geneem het, kan mense nou beheer watter kommentaar hulle op hul tydlyn wil vertoon of wegsteek, en vandag het ons ook hul e-posadresse hierby ingesluit.”

Facebook, met sy meer as 900 miljoen gebruikers wêreldwyd, is in die verlede al kritiseer oor veranderinge, veral privaatheidsinstellings.

Facebook-gebruikers kan hul oorspronklike e-posadres steeds op hul tydlyn vertoon deur verstellings aan hul profielinstellings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.