Mark Zuckerberg, Facebook se hoof uitvoerende beampte, het sowat R4.3 miljard se aandele aan ʼn Silicon Valley-liefdadigheidsorganisasie geskenk met die doel om gesondheid- en onderwyskwessies te befonds.
Zuckerberg (28) het Dinsdag 18 miljoen Faceboek-aandele, ter waarde van $498.8 miljoen, aan Silicon Valley Community Foundation, ʼn nie-winsgewende organisasie, geskenk. Dit maak dit sy grootste donasie ooit.
Emmet Carson, hoof uitvoerende beampte van die liefdadigheidsorganisasie, het gesê Zuckerberg se goedhartige skenking sal die lewens van baie mense verander en mense regoor die wêreld inspireer om terug te gee en die wêreld ʼn beter plek te maak.
– Sapa-Ap