Facebook-moddergooiers moet opdok

facebook-320x200Die Pretoriase hooggeregshof het gelas dat ʼn vrou en haar eggenoot skadevergoeding van R40 000 aan die man se eksvrou moet betaal nadat hulle haar op Facebook beledig het, het The Star Donderdag berig.

Die eksvrou het die egpaar gedagvaar omdat sy gevoel het dat twee plasings, veral op die beskuldigde vrou se Facbook-profiel, lasterlik was.

Een van die plasings was: “Aan alle ma’s en pa’s… wat dink julle van mense wat toelaat dat stiefbroers hul kleiner sussies elke aand bad, net om die ma se lewe makliker te maak?”

Regter Jan Hiemstra het Woensdag die vrou, ʼn senior bestuurder by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, wat die inskrywings gemaak het, en haar man wat in dié plasings genoem is (“tagged”), beveel om die eksvrou vir naamskending te vergoed. Hiemstra het gesê alhoewel die man nie die plasing geskryf het nie, was hy daarin genoem (“tagged”) en dus bewus daarvan en het hy daarvolgens toegelaat het dat sy naam saam met die plasing van sy nuwe vrou verskyn.

Die man en eksvrou was vir ʼn tyd lank in ‘n regsgeding gewikkel. Die eksvrou het uiteindelik verlede jaar ‘n interdik teen hom bekom om hom te verhoed om naby haar huis of werk te kom.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Ek stem saam met Regter Jan Hiemstra !

In dié geval, hoekom klein kindertjies betrek by ‘n moddergooiery. Sy het GEEN reg gehad om die foto’s te plaas nie en duidelik het dit die sogenaamde pa ook nie gepla nie.

Wat my wel gegrief het vanoggend, was toe die omroeper op ‘n radio-stasie ietwat smalend na Sunette Bridges se FB blad verwys het. Dit is slegs vryheid van spraak.

JAVR ·

Dis nou net suurgeit oor sy ‘n tweedehandse man gekry het! Reg wat jy sê, hoekom die kinders in sulke gemors insleep! Aanvaar tog dat die ma eerste was en sy is glad toe nie so slegte vrou of ma nie, want sy het lyk my weer ‘n man gekry.

lorayne ·

Lekker kry ek darem nou op die giftong se rekening! Dit is wonderlik om te weet dat die ‘vrye sê’ oor ander, kan jou beursie seermaak! Ek hoop daai eerste mamma bederf haarself met haar R40 000!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.