Gebruikers van sosialemedia-netwerke soos Facebook en Twitter oorlaai dié netwerke met foto’s van voormalige pres. Nelson Mandela nadat hy Donderdagaand in sy huis in Houghton, Johannesburg, gesterf het.
Mense regoor die wêreld het boodskappe van medelye en huldeblyke op Mandela se amptelike Facebook-blad gepubliseer. Talle mense het ook aanhalings van dié staatsman gepubliseer.
Mandela se Facebook-blad het reeds meer as 2.3 miljoen “likes”.
Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand die aankondiging gemaak dat Madiba in die ouderdom van 95 oorlede is.