Facebook-profiel pla onderhoudvoerders

Avhashoni Ramikosi

Avhashoni Ramikosi

Lede van die parlement het ‘n kandidaat vir die pos van die ouditeur-generaal gekritiseer oor sy Facebook-profiel, het die Sunday Times berig.

Avhashoni Ramikosi, ‘n geoktrooieerde rekenmeester wat in diens staan van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, was verras toe LPs hom Woensdag tydens ‘n onderhoud uitgevra het oor sy sterk politieke standpunte, en Facebook-plasings wat, volgens hulle, onbehoorlik was.

Foto’s van jong meisies wat kaalbolyf staan met pryse op hul lywe verskyn op Ramikosi se Facebook-profiel. Hulle verklaar glo in Tsonga “ons liggame is te koop”. Hy het glo ook met Agang SA gespot en gevra of die party net nog ‘n “vermorsde spasie is soos Congress of the People”.

John Steenhuisen van die Demokratiese Alliansie het daarop gewys dat die plasings Ramikosi se politieke onafhanklikheid kan beïnvloed indien hy as ouditeur-generaal aangestel word. “Dit is onbehoorlik. As jy aansoek doen vir die pos van ouditeur-generaal, moet jy bo verdenking leef, aangesien enige aanduiding dat jy nie silwerskoon is nie, ‘n impak kan hê op die geloofwaardigheid van die hoogste liggaam van ‘n land,” het Steenhuisen gesê.

Ramikosi sê die foto’s het op sy Facebook-muur beland nadat ‘n vriend hom daarin genoem (“tagged”) het. “Dit is ‘n les dat niemand van ons te versigtig kan wees nie,” het hy gesê. “Dit is ‘n insiggewende ondervinding vir my. Wat ek weet is dat my etiek en integriteit nie bevraagteken kan word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Duidelik dink die “vriend” ook nie baie van hom deur sulke goed op sy profile te plaas – vraag is, het hy die vriend aangespreek of ook gedagtes gekry.

Wys my jou vriende en ek weet wie jy is !

Jasper ·

Goed opgesom Trippie. Dink net hoe gaan so gladde paling in daardie pos baljaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.