Facebook se eie slimfoon binnekort beskikbaar

Facebook beplan glo om hulle eie slimfoon aan die einde van volgende jaar bekend te stel. Foto: gizmotracker.com

Gerugte doen die rondte dat die sosiale netwerk, Facebook, ʼn slimfoon teen die einde van 2013 bekend sal stel.

Volgens ʼn IOL het die maatskappy reeds verskeie sagteware en hardeware ingenieurs aangestel, wat ondervinding met Apple se iPhone en iPad het. Hulle het ook ʼn meer mense aangestel by ʼn groep wat in ʼn vennootskap met Taiwan se HTC werk. Die groep is glo besig om ʼn slimfoon met die kodenaam “Buffy” te ontwikkel.

Mark Zuckerberg, die hoof van Facebook, vrees glo dat dié sosiale netwerk net nog ʼn slimfoontoepassing sal word indien die maatskappy nie self ʼn slimfoon ontwikkel nie.

Facebook wou egter nie die gerugte van ʼn slimfoon bevestig of ontken nie.

Lees hier vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.