“Facebook-verkragter” kry lewenslank

Thabo Bester

Die sogenaamde “Facebook-verkragter”, Thabo Bester (23), is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Bester is Maandag skuldig bevind vir die moord op die 26-jarige model, Nomfundo Tyhulu. Bester het Tyhulu in September 2011 in die haar bors gesteek terwyl hulle op vakansie in Milnerton, Kaapstad, was.

Bester is die “Facebook-verkrager” gedoop oor die wyse waarop hy sosiale media gebruik het om sy slagoffers, waaronder Tyhulu, te lok. Hy is verlede jaar tronkstraf opgelê vir roof en die verkragting van twee modelle in Durban en word ook verdink van ’n reeks ander misdade in Kaapstad, Gauteng en Durban.

Hy is ook 25 jaar tronkstraf opgelê op aanklag van roof nadat hy Tyhulu se skootrekenaar gesteel het. Die vonnisse gaan gelyktydig uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mariska ·

Nee hemel dis niks!!!! dis mense soos die ou wat gehang moet word……maak my siek

Ann ·

Ek stem – dit sal nie die mense terugbring wat deur hom vermoor is nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.