‘Facebook-verkragter’ smeek om versagting na hy 50 jaar tronkstraf kry

Die sogenaamde “Facebook-verkragter”, Thabo Bester, het in trane uitgebars terwyl hy Vrydag in die Durbanse landdroshof verduidelik het hoekom hy die misdade gepleeg het.

Bester is tot effektief 50 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op twee aanklagte van verkragting en moord. Bester het tydens versagting van sy vonnis aan die hof gesê hy is deur sy ouma se vriend verkrag toe hy jonk was. Hy het ook gesê dat hy verskeie kere deur ʼn man wat glo sy ouma moes oppas verkrag is en dat hy ook deur ʼn groep mans in die tronk verkrag is. Bester sê hy het nog nooit sy ma gesien nie en dat hy in haglike omstandighede saam met sy ouma en oupa op ʼn plaas in Gauteng gebly het. Hy sê die situasie het vererger toe sy ouma dood is en hy by ʼn man gaan bly het wat hom in die huis toegesluit het en herhaaldelik verkrag het. Bester sê die probleme wat hy in sy lewe ondervind het, het hom gedwing om misdade te pleeg. Hy is in 2009 skuldig bevind aan bedrog en is tot ses maande tronkstraf gevonnis met die opsie om ʼn boete van R1 500 te betaal. Bester sê hy het nie die geld gehad om die boete te betaal nie en is verskeie kere in die tronk deur groepe mans verkrag. Die saak duur voort. Bester sal na verwagting oor die naweek na Gauteng gebring word waar hy op nog aanklagtes tereg sal staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.