Facebook verloor miljoen gebruikers in SA

Die sosialenetwerk-webwerf Facebook het oor die afgelope ses maande sowat 1 miljoen gebruikers in Suid-Afrika verloor.

Statistiek van ‘n sosialemedia-moniteringsmaatskappy, SocialBakers, het aangedui dat 967 220 gebruikers nie oor die afgelope ses maande by hul Facebook-rekeninge ingeteken het nie, berig The Star. Dit is ‘n afname van 17.7%.

Die getalle dui ook aan dat mense tussen 18 en 24 jaar die grootste groep Facebook-gebruikers is.

Intussen het ‘n ander studie deur World Wide Worx en Fusewire bevind dat ‘n toenemende aantal mense bo 60 as gebruikers by die webwerf aangesluit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dave ·

Dalk moet hulle navors hoekom, laat ek julle se dis agv van die swak dienste wat ons kry by die selfoon maatskappye, die konneksies is so swak dis n verstreuring om op die net werk te gaan, dis hoekom mense dit maar los!

polylues ·

Ek dink dis omdat ander mense jou persoonlik aftakel ek was een wat my facebook gekanselleer het maar na n ruk het ek besluit ek betaal daarvoor en ek doen niks verkeerd nie as jy maar net kyk die tale wat gevruik word is dit om van siek te word.Kan daar nie n stop aan diegene gesit word wat jou naam skend of die tale stop sit nie ek weet van 11 van my vriende wat se Facebook is n te na kome blad of wat jy dit ook al wil noem en hulle het net bedank en is nou al 4 maande af DIE TALE EN SLEGSE IS OETS VREESLIK dan kom die naakte prente van oorsee se mense nee nee nee nee ons kinders gebruik ook die internet dis nie aanvaarbaaar nie. Dankie

Gerhard Erasmus ·

Want FB verbied jou om mense te nooi buite jou famielie en vriende kring. Jy word geblokker en self jou lidmaatskap word opgeskort.

Lynette Coertze ·

Neem ook kennis dat daar mense is wat afsterf en dan bly hulle rekening oop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.