Facebook-vervalser samel fondse in

Die vals profiel van minister Lulu Xingwana

Die vals profiel van minister Lulu Xingwana

ʼn Facebook-gebruiker het ʼn vals profiel van Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en gestremdes, geskep en geld namens haar gevra.

“Ons wil dit duidelik stel dat minister Xingwana nie ʼn Facebook-blad het of al ooit gehad het nie,” het haar kantoor in ʼn verklaring gesê. Die departement doen ʼn beroep op die publiek om nie fondse aan Xingwana se nabootser oor te betaal of enige bankbesonderhede aan die persoon te verskaf nie.

Die nabootser versoek glo fondse en voer aan die geld word vir “ʼn goeie saak” ingesamel.

“Ons moedig lede van die publiek aan om soortgelyke voorvalle by die polisie aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Daardie persoon sal die geld waarskynlik beter spandeer as die minister!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.