Facebook wil ouderdomsperk verlaag

Facebook oorweeg die moontlikheid om sy sosiale netwerk beskikbaar te maak vir kinders jonger as 13 jaar.

Wall Street Journal berig kinders onder 13 jaar word nie toegelaat om op Facebook te registreer nie. Volgens die berig sal dit baie omstrede wees om die ouderdomsperk te verlaag aangesien talle ouers van ouer kinders reeds bekommerd is oor maatskaplike en kriminele probleme op die sosiale netwerk. Daar is ook kommer oor of kinders onder 13 jaar die nodige kennis het oor watter data wesenlik is om aanlyn te deel. Volgens die berig is daar egter reeds talle kinders onder 13 wat op Facebook geregistreer is aangesien hulle lieg oor hul ouderdom. Facebook wou nie kommentaar lewer oor die berigte nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.