Familie begrawe verkeerde ‘geliefde’

ʼn Familie van KwaZulu-Natal is drie maande nadat hulle ʼn ‘geliefde’ begrawe het, ingelig dat hulle die verkeerde liggaam begrawe het.

Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het intussen ʼn bevel uitgereik dat dié liggaam opgegrawe moet word by die Magwaza Mapahalala begraafplaas. Peter Mlambo (45) is op 29 September dood nadat hy deur ʼn taxi omgery is. Sy liggaam is as nommer 1 512 gemerk. Mlambo se familie het egter die verkeerde liggaam ontvang vir die begrafnis – nommer 1412. Mlambo se familie is sowat twee weke terug van die ‘misverstand’ in kennis gestel. Die departement sal die kostes van die begrafnis dek. Die familie oorweeg dit intussen om stappe teen die departement te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.