Familie glo meermin het seun gevat, soektog duur voort

Water_surface_lake1-300x225Polisieduikers soek steeds na die liggaam van ʼn 12-jarige seun wat op 31 Desember vermis geraak het in ‘n sytak van die Sabierivier in Mpumalanga.

Siyabonga Masango se familie glo ʼn meermin het hom gevat en dat die meermin hom betyds sou vrylaat om Woensdag weer skool toe te gaan. “Toe ek vanoggend sy vriende sien skool toe gaan, het dit gevoel of my seun ook hier is en by hulle sou aansluit,” het Leah, Siyabonga se ma, gesê. “Ek glo steeds dat my seun leef en ek bid dat God ons sal help om antwoorde te kry. Gebed en die uitvoer van rituele sal ons help en ons sal nie opgee nie.” Kapt. Pottie Potgieter, koördineer van Mpumalanga se binnelandse waterpolisiëring en duikdienste, sê die soektog sal Donderdag voortgaan. “Ons het hom nog nie gevind nie en sal voortgaan om na hom te soek. Ons het Dinsdag die laaste keer na hom gesoek en die soektog sal Donderdag voortgaan aangesien ons vandag met ʼn ander saak besig was.” Hy sê die rivierstrome is sterk na swaar reën die afgelope tyd en dat duikers reeds ʼn strook van 9km fyngekam het sonder sukses. Potgieter glo dat Siyabonga verdink het of deur ʼn krokodil aangeval is.

Siyabonga het op die dag van sy verdwyning gesê hy gaan sokker speel saam vriende. Hulle het glo warm gekry en besluit om te swem. Ooggetuies het glo gesien hoe Siyabonga die rivier ingetrek is en verdwyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ivan ·

Om te dink dat mense wat so redeneer en aan meerminne glo, het n stemreg om sodoende die ander wat ook so redeneer aan bewind te kry en die land te regeer. Ai ja jai….

eben ·

Ivan, en dan word beweer ons prez met hekse ook deurmekaar is …. geen wonder hy spandeer R200 milj aan veiligheid om die uit te hou. Die beste op bogenoemde berig ” …. uitvoer van rituele sal ons help ….” dink die mense die dolosse gaan die seun terug bring? Hy is lankal krokkie kos!

GawieM ·

Hulle moet maar die toordokters se hulp inroep om vir hulle te gaan wys waar die meermin die seun aanhou.

Francois ·

Ek stem met die vorige Kommentrare.80 % van ons Parliment glo aan die Voorvaders en bid vir die Voorvaders.Hulle kon hul self nie eers gehelp het toe hul lewendig was nie,wat nou van dat hul dood is. Dis hoekom ons land in so n gemors is. Net die een Lewendige God Jesus kan ons red vir n Regering wat in hom glo.Maak nie saak van kleur en Ras nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.