Familie hoopvol dat hy uitgeken sal word

Anton Hammerl

Die familie van Anton Hammerl, die Suid-Afrikaanse fotograaf wat in April 2011 in Libië doodgeskiet is, hoop dat sy oorskot gevind en geïdentifiseer sal word.

Die Saturday Star berig dat ‘n DNS-laboratorium in Sarajewo gaan probeer om die oorskot van duisende mense wat ná jare van konflik in Libië verdwyn het te identifiseer. Die laboratorium, wat bestuur word deur die internasionale kommissie vir vermiste persone, het reeds meer as 100 mense se oorskot positief geïdentifiseer sedert die omverwerping van die Muammar Gaddafi se regering. Hammerl is op 5 April 2011 doodgeskiet toe hy en drie joernaliste deur Libiese regeringsmagte aangeval is. Daar is aanvanklik geglo dat hy nog lewe en moontlik deur die Libiese regering aangehou word. Ooggetuies het egter later bevestig dat hy doodgeskiet is. Hammerl se liggaam is nooit gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.