Familie onbewus van tiener se verdrinking

Struisbaai-hawe

Struisbaai-hawe Foto: struisbay.com

Die polisie is nog op soek na die familie van ‘n 15-jarige tiener van Riviersonderend wat op Kersdag by Struisbaai in die Wes-Kaap verdrink het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Woensdag gesê.

“Reddingspanne van die NSRI is om 15:15 ontplooi om lewensredders by te staan nadat ‘n tiener deur ‘n systroom meegesleur is,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. Die NSRI Agulhas-span, nooddiensspan van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, ‘n helikopter van die Overberg brand- en reddingsdiens en ‘n NSRI-reddingsduiker het reageer.

“Die seereddingsvaartuig en die helikopter het die lewensredders bygestaan in ‘n omvattende lug-, see- en kuslynsoektog vir die 15-jarige wat onder die water verdwyn het,” het Lambinon gesê. “Die tiener se liggaam is onder water opgespoor deur die helikopter-span wat die NSRI-reddingsduiker van die helikopter in die water ontplooi het.”

Die reddingsduiker het hom na die oppervlak gebring waar ‘n seereddingsvaartuig by hulle aangesluit het.

Paramedici en ‘n dokter het KPR toegepas om die seun by te bring, maar alle pogings was tevergeefs. Die tiener is op die toneel dood verklaar.

Volgens Lambinon het die polisie ‘n geregtelike doodsondersoek gelas.

Die tiener was saam met vriende op die strand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ria Maritz ·

Nog ‘n verdrinking, nogmaals Wes-Kaap. Laat mens wonder, mis die kind se vriende hom nie, waarom is die ouers nog nie in kennis gestel nie.

Ook aan hierdie familie, baie sterkte, geen ouer wil ‘n kind begrawe nie.

Elsabe ·

Ria, die berig se dat die ouers nog soek is.
Ja, die Wes-Kaap, want die Wes-Kaap het ‘n kuslyn so lank soos van hier na daar en raai wat, daar is ook ‘n oseaan langs hierdie kuslyn.
Die tiener se vriende het hom nie gemis nie, hulle was saam met hom daar en het alarm gemaak.
Sterkte aan die familie en vriende van hierdie ongelukkige kind wat in ‘n systroom beland het.
Ook baie dankie aan al die mense wat gehelp het met die reddings-poging.

Ria Maritz ·

Dankie Elsabe, die enigste rede waarom ek genoem het “weereens Wes-Kaap” was dat, net voor hierdie berig was daar nog ‘n persoon wat verdrink het in die Wes-Kaap.

Dankie dat jy dit onder my aandag gebring het.

Waardeer, en ja, dit is regtig baie hartseer dat mense in die tyd, spesifiek kindertjies, hul lewens ook op die wyse verloor en ook tydens die feesgety.

Groete, Ria

susan de la rey ·

ons het on kind veloor op die 15/12/2013, hy het verdrink terwyl op vakansie met sy meisie, dit was erg want ons was in JHB en hulle was in De Rust, nie lekker om jou kind te gaan uitken nie.

J Combrinck ·

Altyd so hartseer om te lees van verdrinkings – veral as jy weet hoe opgewonde die kinders gewoontlik is as hul see toe gaan vir vakansie en in die geval saam met vriende is dit mos opwindend vir tieners. Die lewensredders waag hul lewens en ek kan my indink dat elke verdrinking ook vir hul so traumaties moet wees. Sterkte aan die dapper manne en vroue wat die see trotseer om ander se lewens te probeer red en ook aan die seuns se maats en familie.

Ria Maritz ·

Pragtige boodskappie ! Ek deel jou sentimente.

In hierdie feesgety behoort daar liefde en deernis vir ons medemens te wees – ek salueer elke persoon wat in hierdie tyd hul kosbare tyd saam met geliefdes afstaan ter wille van ander se veiligheid !

susan de la rey ·

hi, my enigste kind her verdrink 15 Desember 2013 in De Rust, nog baie haartseer, hy het net matriek klaar gemaak. ons is baie trots op hom, hy het verdrink in n plaas dam, die polisie het hom 6m op die bodom gekry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.