Vyf lede van ʼn gesin is dood nadat ʼn brand Maandagoggend in die vroeë oggendure by hul huis in Lotusrivier in Kaapstad uitgebreek het.
Volgens Theo Layne, ʼn woordvoerder van die Wes-Kaapse brand- en reddingseenheid, het die vyf mense, ʼn man, twee vroue en twee seuns, omstreeks 01:00 gesterf.
“Die brand het in een van die huis se buitekamers uitgebreek,” het Layne gesê. “Dit is in die stadium nog nie bekend wat die brand veroorsaak het nie. Die polisie ondersoek die saak.”
Layne het die publiek versoek om versigtig te wees wanneer hulle gebruik maak van verwarmings- en kooktoestelle.