Familie-treurspel: Name bekend

Paul Nothnagel. Foto: Facebook

Die polisie het laat Donderdagmiddag die name bekend gemaak van die slagoffers van vanoggend se treurspel waartydens ‘n man sy twee dogters doodgeskiet, sy eksvrou gewond en daarna selfmoord gepleeg het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het die man geïdentifiseer as Paul Nothnagel, sy twee dogters Chane (14) en Mischke (18) en sy eksvrou is Magdalena. Maroela Media het vroeër vandag berig oor die voorval wat vanoggend omstreeks 6:30 plaasgevind het. Dlamini sê Nothnagel het sy eksvrou en kinders glo op die hoek van Hennie Albertsweg en Alicestraat in Brackenhurst in Alberton ingewag. Nothnagel het glo agter ʼn boom weggekruip en te voorskyn gekom toe hy hulle motor gewaar het. Hy het glo verskeie skote na die motor afgevuur met ʼn 9mm-pistool. Nothnagel het glo toe na sy motor geloop en selfmoord gepleeg. Chane en Mischke is onderweg na die hospitaal oorlede. Magdalena het die aanval oorleef en word in ʼn plaaslike hospitaal behandel. Dlamini sê die motief vir die aanval is moontlik huishoudelike probleme. Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en ʼn geregtelike doodsondersoek.

Lees ook:
Pa skiet kinders, ma, homself

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas ·

Hoekom die kinders kwaad aandoen ??? Sal nooit die soort mense verstaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.