Familielede saam oupa se lyk aangehou

altar

Argieffoto

Twee sussies en hul broer van Pretoria het Woensdag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, en regsverydeling.

Samuel Malatji (52), Regina Malatji (49) en Lillian Malatji (47) het na bewering hul pa, Benedict Malatji (80), en broerskinders Kentridge Malatji (30) en Thabo Malatji (23) in ʼn kamer by hul groot huis in Atteridgeville vir twee jaar lank aangehou. Benedict het vermoedelik reeds twee weke gelede gesterf en Kentridge en Thabo moes in dié tyd saam met sy liggaam saamleef.

Volgens kapt. Bonginkosi Msimango, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die drie is Maandagaand in hegtenis geneem nadat Kentridge daarin kon slaag om te ontsnap en die polisie se hulp kon inroep. “Hy het polisiebeamptes na die huis vergesel waar hulle aangehou is en die polisie het daar op Benedict se ontbinde liggaam afgekom,” het Msimango gesê. “Die jongste seun, Thabo, is in dieselfde kamer as sy dooie oupa gevind. Hy moes na ʼn hospitaal geneem word vir die trauma wat hy deurgemaak het.”

Die polisie het die twee susters in ʼn ander kamer aangetref waar hulle glo gebid het. Dit is nog nie duidelik of die voorval verband hou met ʼn godsdienstige ritueel of vir wie die vroue gebid het nie.

Die broer het onder ʼn bed weggekruip.

Die drie moet weer op 16 September in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting vir borgtog gaan aansoek doen. Hulle bly in die polisie se aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Andrea ·

Elke familie het ‘n malletjie. Hierdie familie het drie. Wat die donner het hulle gedink?

Trippie ·

Jinne, ek wil nie eers dink hoe die ontbinde lyk geruik het nie …

Trippie ·

Jy skuld my ‘n nuwe sleutelbord … amper borrel die tee nogal by my neusgate ook uit ! As hier voorsiening gemaak was vir ‘n fototjie laai, het ek een geneem en hier geplaas – my skerm is bespat !!!

Willy ·

Trippie ons moet onderhandel oor afbetaling. Daai rekening van jou is buite my pay.

Amy ·

Ek verstaan nie waarom hulle dit gedoen het nie. Kan enigiemand help??? Al gevoltrekking wat ek kon maak, is dat daar ‘n hele paar skroewe los moes wees.

Trippie ·

Amy, ek vorwonnor of hulle met die ancestors kontak gemaak het om te hoor of oupie daar is ? Vandaar die gebiddery.

vuurvreter ·

Trippie julle weet mos ek het gese da gaan nog snaakse dinge gelees word. Maar hulle gee ons darem iets om kommentaar te lewer.

Trippie ·

Lekker tydverdryf Vuurtjie … sopas op Praag ook gesê, ek kuier veel eerder met julle as om my televisie aan te skakel. Saam lag, saam ‘n traan stort, en sommer net saam skerts en goeie ou dae in herinnering bring.

Boere-meisie ♡ ·

Dis as Seg se comments nie een vir een delete word nie.

Trippie ·

Meeste van ons het al ‘n beurt / beurte gehad … ag, more is ons weer terug, dan kuier ons weer … tot dan – rustige nag aan elk van julle.

Boere-meisie ♡ ·

… hekke gesluit, elektriese heining aan, honde in die huis, vensters toe, alarm geaktiveer – koenite …. sweet dreams

JAVR ·

En dan vind hulle die jong knaap wat op sy Oupa se ontbindende lyk sit!!! F…k!!! Hoe kry hy dit reg???? Maak nie saak hoe flippen koekoes jy is nie die dooies laat my bietjie gril en daar is nie eens ‘n manier wat ek op die ou gaan sit nie!!!!!

Trippie ·

JAVR, weet jy, my moedertjie was op 28 Augustus, 26 jaar gelede oorlede. Ek kon eerlikwaar nie haar hospitaalkamer binnegaan, wetende sy is besig om die tydelike met die ewige te verwissel nie. En ek wil ook na geen lyk kyk nie.

JAVR ·

Sjoe nee dis erg hoor. Maar dan kry jy mense wat wil groet en by daai ou staan en sy hare streel en sy wang en hom soen ……oe teen hierdie tyd overtake ek die donne.se boeing wat Namibia toe gaan van gril!!
Wel mensies lekker slaap vanaand en moenie van die ander droom nie hoor. My basies ‘n loopdop gee! Hulle dop (koffie) en ek loop!!!

Willy ·

Lekker aand en dankie vir die lekker kuier!
Veilig ry.
Weer môre op onse pos.

Willy ·

En in die outyd as oupa so in die kerk se voorportaal in sy kis lê en die diens is klaar word die kis se gesigklappie oopgemaak, die kinders en kleinkinders word bymekaar gemaak, staan in ‘n ry en elkeen moes aan sy witgrys-koue voorkop raak. Die oumense het die flipn snaakse gebruike/bygelowe gehad! Ek het dit nog nooit vergeet nie! Gril meer vir die dooie oupa as toe hy nog gelewe het haha.

Trippie ·

Ja, jy is reg !

My werkgewer sê altyd (hy is my eksekuteur) as ek die dag my hout-kleertjies aan het, gaan hy versoek dat die “old lady” net in haar Eva’s-gewaad begrawe word, maar eers moet die kis oopgemaak word, sodat almal kan sien hoe ek lyk, en blykbaar lyk ek soos ‘n zip as ek my tong uitsteek ! Hoop net daar word mooi seker gemaak dat my lippe op mekaar is, my prentjie mooi ingekleur is, ens. O-ja, my kapsel moet ook reg wees – nie ‘n haartjie uit sy plek nie.

Willy ·

Haha o okei. Ek hoop hulle kry die kis se deksel vir my toe as ek so op my rug lê haha. Hulle sê mens is mos styf, of het ek dit mis.

Trippie ·

Stel dit duidelik in jou testament … jy wil nie plat oppie rug, tone innie lug le nie … !

O nee, ek sallie weet, was nog nooit styf nie, behalwe vir my stywe nek as ek hom verle.!

Trippie ·

Your comment is awaiting moderation.

Lekker tydverdryf Vuurtjie … sopas op Praag ook gesê, ek kuier veel eerder met julle as om my televisie aan te skakel. Saam lag, saam ‘n traan stort, en sommer net saam skerts en goeie ou dae in herinnering bring.

Verander jou opmerking

JAVR ·

Wat is hulle probleeeeeeee4e4m???? Jy het NIKS HIER VERKEERD GESê NIE!! Agge nee Maroela kom bietjie by toe. As julle ons nie hier wil hê nie sê sjoe sjoe en ons sal vanself fo.of!

Seg Net ·

JAVR ek stem en Maroela raak by die dag erger. Het ook gister vir hulle geseg hulle is besig om ons weg te jaag. Mens kan nie meer kommentaar lewer nie. Hulle raak nou belaglik.

Alida Engelbrecht ·

Ek vermoed die oupa en 2 broerskinders het allpay gekry, Daarom is hulle toegesluit en het die tannies hulle pay gebruik. Toe oupa sterf is dit nog nie pay-dag nie, en het hulle hom maar laat le sodat hul die laaste pay nog kon gaan trek voordat iemand agterkom hy is dood en hoef nie meer te pay nie !

a.lombard ·

Die vraag is? het die Oupa pensioen ontvang? en ook die ander, dat dit ‘n wyse is waarop hulle die pensioen of Äll Pay kan behou. Sekerlik moet daar bure wees die iets moes waar neem van die familie? indien daar geen geestelike siekte bevind kan word nie, behoort hierdie persone geen borg te ontvang nie, maar vir altyd …en altyd agter die tralies gaan….indien daar so iets nog bestaan in ons land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.