
Ondersoekers van die Burgerlugvaartowerheid soek deur die wrakstukke van die twee Albatros-vliegtuie wat Sondag buite Tzaneen in 'n bergpiek vasgevlieg het. Foto: SAPA
Die twee Albatros-vliegtuie het Sondag in gure weer teen die Mamotswiri-piek vasgevlieg. Die gure weer het Donderdag voort geduur terwyl daar gepoog is om die wrakstukke van die toneel te verwyder.Die oorledenes is geidentifiseer as Brian Gruar, Marrion Anderson, Maddison en Alexandra Doak, Tess Spence, Louise Warden, Kevin Woolacott, Peter Gildenhuys, Stuart en Peter van Oldenburg, Frans Dely, Marietjie de Witt en Linda Pierce. Drie van die oorledenes was kinders. Die twee vliegtuie het vermis geraak nadat hulle Sondag uit Tzaneen opgestyg het na afloop die lugskou wat die vorige dag plaasgevind het. Die Burgerlugvaartowerheid is besig met ’n ondersoek
Dit moet verskriklik wees om niks te kan doen as jou geliefdes in so ‘n verskriklike ongeluk was nie. Ek sou van my kopaf raak om te sit en wag vir nuwe inligting. My hart gaan uit aan die gesinne wat geraak is deur hierdie ongeluk.