Fast & Furious 7 uitgestel tot 2015

Paul Walker

Paul Walker

Universal Pictures het die vrystelling van Fast & Furious 7 vir bykans ʼn jaar uitgestel ná die afsterwe van een van die sterre, Paul Walker.

Die studio het Maandag aangekondig dat die opvolg in April 2015 vrygestel sal word, en nie meer in Julie 2014 nie. Verfilming was byna halfpad klaar toe die 40-jarige Walker in ʼn motorongeluk buite Los Angeles gesterf het.

Walker sal steeds in die rolprent wees, maar Universal het nog nie aangedui hoe hulle sy rol gaan afsluit nie.

Vin Diesel, een van die akteurs van die Fast & Furious-reeks, het die nuus op Facebook bekend gemaak en aan sy aanhangers gesê: “Hy sou wou hê dat julle eerste moet weet”.

Fast & Furious is een van Universal se winsgewendste rolprentreekse met sowat $2.4 miljard (R24,8 miljard) wat in 2001 verdien is. Die jongste rolprent, Fast & Furious 6, het $789 miljoen (R8,1 miljard) verdien.

Lees ook:
Tiener vas wat Paul Walker-wrakstuk steel
Hollywood-akteur sterf in motorongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.