Feesseisoen eis 1 475 lewens op die paaie

Ten minste 1 475 mense is die afgelope feesseisoen in padongelukke oorlede, het minister van vervoer, Sbu Ndebele, Maandag gesê.

Voorlopige syfers van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) vir die periode 1 Desember laas jaar tot 10 Januarie dié jaar het 1 230 noodlottige ongelukke aangedui. “Die mees algemene oorsaak vir ongelukke gedurende die 2011/2012 feesseisoen was hoë spoed in ongunstige weersomstandighede, nalatige en onverskillige bestuur, en drankmisbruik deur bestuurders en voetgangers,” het Ndebele in Pretoria gesê.

“Deur nie hul veiligheidsgordels te dra nie, het ʼn groot bydrae gelewer tot noodlottighede of ernstige beserings. Nooddienstepersoneel kan getuig dat te veel mense dood is omdat hulle nie vasgegordel was nie.” Bydraende faktore sluit in moegheid, veral onder bestuurders van openbare vervoer, ʼn gebrek aan bestuursfiksheid en voetgangers se nalatigheid, het hy gesê.

In die feesseisoen 2010/2011 is 1 704 mense uiteindelik dood, hoër as die 1 551 wat aanvanklik deur die minister tydens sy jaarlikse feesseisoen-statisiek aangekondig is. In 2012 sal die departement glo daarop fokus om die getal noodlottige ongelukke te verminder. Meer as 40 mense sterf elke dag op die land se paaie en daar moet ʼn geweldige skuif in die benadering tot padveiligheid plaasvind, het Ndebele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.