Feesseisoen: meer as 1 400 motoriste reeds gearresteer

Meer as 1 400 motoriste is reeds tydens die begin van die feesseisoen regoor die land weens verskeie verkeersoortredings in hegtenis geneem.

Tussen 1 en 18 Desember is 501 in hegtenis geneem vir dronkbestuur, 93 vir uitermatige spoed, 37 vir roekelose of nalatige bestuur, 104 vir oorlading, 420 wat nie ʼn geldige openbare bestuurspermit besit het nie, 16 wat nie geldige bestuurlisensies gehad het nie, 22 vir vervalsde dokumente en 241 vir ander oortredings. Gedurende dieselfde periode is 544 379 voertuie en bestuurders nagegaan, 117 061 boetes uitgereik vir verskeie verkeersoortredings en 3 956 onpadwaardige voertuie (waarvan die meeste busse en taxi’s was) van die pad verwyder.

As deel van die Desember vakansieveiligheidsplan, het Sibusiso Ndebele, minister van vervoer, Woensdag by polisiebeamptes by ʼn padblokkade aangesluit en het ook ʼn nabygeleë taverne in Edenvale, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal besoek. Die minister het verskeie self-toets asemanalise-toestelle uitgedeel en padgebruikers aangemoedig om hul alkoholinname dop te hou voordat hulle gaan bestuur. “Maak seker dat jy nie ʼn slagoffer word nie,” het die minister gesê. Motoriste kan enige verkeersoortreding aan 0861 400 800 rapporteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.