Feeste op soustrein terwyl mense kwyn

“Met die sowat R5 miljard wat die regering in ‘n jaar op onthale spandeer het, kan byna een miljoen mense ‘n jaar lank van kos voorsien word,” het Richard Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party, Woensdag gesê.

Dit volg na die DA onlangs bekend gemaak het dat verskeie regeringsdepartemente dié som geld oor die afgelope finansiële jaar op vermaak, spyseniering en vervoer spandeer het.

Volgens Botha is die bedrae geld wat die regering aan luukshede spandeer, terwyl daar wydverspreide armoede in die land voorkom, ʼn “plundermentaliteit”.

Paul Joubert, ʼn senior navorser by Solidariteit, het gesê só ʼn begroting beteken dat daar vir 500 000 gaste teen R30 per persoon by geleenthede voorsiening gemaak kan word. “Selfs al maak mens dit R200 per persoon per dag, is dit steeds ongeveer 70 000 gaste vir elke dag van die jaar,” het Joubert aan Maroela Media gesê.

Phumla Williams, waarnemende woordvoerder van die kabinet, het gesê sy kan nie kommentaar lewer alvorens die verslae ondersoek is om te bepaal of die DA se sommetjies reg is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.