Fetusse in drein gevind

Argieffoto

Vier fetusse is in ʼn drein in Pretoria-Wes gevind.

Pretoria News berig die fetusse, drie dogtertjies en een seuntjie, is in ‘n drein in die vleiland agter die Kwagga-winkelsentrum in die weste van Pretoria gevind. ʼn Kind het glo ʼn plastieksak in die drein gesien waarna die gru-ontdekking gemaak is. Die polisie en nooddienste is ontbied. Xandre Loubsher, woordvoerder van die Best Care-ambulansdiens, het aan die koerant gesê die fetusse is op die toneel dood verklaar. Volgens Loubsher is die fetusse vermoedelik van onwettige aborsieklinieke afkomstig. Die polisie het aan die koerant bevestig dat die fetusse gevind is maar wou nie spekuleer oor hoe dit daar gekom het nie.

Lees meer hier.

BRON: Pretoria News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marietjie ·

In Suid Afrika is absoluut alles moontlik, selfs fetusse in `

Marietjie ·

In Suid Afrika is absoluut alles moontlik, selfs fetusse in `n drein. Dit is net weersinswekkend!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.