Fiela se kind-akteur, Goliath Davids, sterf

ʼn Geliefde akteur en mentor in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf is gister oorlede.

Goliath Davids, ʼn dramaturg, verhoogkunstenaar, televisie- en filmster sal vir altyd onthou word as ʼn Dawid met ʼn Goliat-persoonlikheid. Hy was veral bekend vir sy rol as Selling Komoetie in die rolprent Fiela se Kind en het ook in Onder Engele gespeel.

Tvplus Magazine het laat Dinsdagaand op Twitter geskryf: “Goliath Davids veteraan-akteur wat 60 jaar in bedryf was en oupa van Christo Davids, bekend as Errol van die sepie 7de Laan, is vandag oorlede.”

Die oorsaak van sy dood is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.