Fiela se kind-akteur vandag ter ruste gelê

Die veteraan-akteur Goliath Davids word vandag op Heidelberg in die Suid-Kaap ter ruste gelê. Maroela Media het vroeër berig dat dié geliefde akteur en mentor in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf op 11 September in die ouderdom van 83 oorlede is. Hy is in ‘n hospitaal op Worcester dood nadat hy komplikasies met brongitis opgedoen het.

Goliath Davids, ʼn dramaturg, verhoogkunstenaar, televisie- en filmster sal vir altyd onthou word as ʼn Dawid met ʼn Goliat-persoonlikheid. Hy was veral bekend vir sy rol as Selling Komoetie in die rolprent Fiela se Kind en het ook in Onder Engele gespeel. Hy was vir meer as 60 jaar in die vermaaklikheidsbedryf en is die oupa van Christo Davids, bekend as Errol van die sepie 7de Laan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.