ʼn Man is Saterdag buite Vanderbijlpark in Gauteng dood nadat hy bo van sy fiets af gery is.
“ʼn Man is dood nadat hy op die Louisrus-pad buite Vanderbijlpark van sy fiets afgestamp is,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. “Hy het op sy fiets gery toe ʼn wit bakkie hom getref het. Hy het langs die pad bly lê en het noodlottige beserings opgedoen.”
Paramedici kon niks meer vir die man doen nie, en het hom op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek die voorval.