ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê die man, glo in sy 40’s, is deur ʼn Opel Corsa getref. Hy sê die impak van die ongeluk was groot aangesien die Corsa erg beskadig is. Visser sê die man het nie asemgehaal of ʼn pols gehad toe paramedici op die toneel gekom het nie. Die man het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die Corsa is op die toneel vir skok behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek die saak.
Fietsryer doodgery in Firgrove
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.