Fietsryer doodgery in Firgrove

Foto: ER24

‘n Fietsryer is Donderdagoggend dood nadat hy deur ʼn motor getref is op die R102 naby Firgrove in die Wes-Kaap.

ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê die man, glo in sy 40’s, is deur ʼn Opel Corsa getref. Hy sê die impak van die ongeluk was groot aangesien die Corsa erg beskadig is. Visser sê die man het nie asemgehaal of ʼn pols gehad toe paramedici op die toneel gekom het nie. Die man het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die Corsa is op die toneel vir skok behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.