Fietsryer doodgery in tref-en-trap

Dawie Nell, ʼn 46-jarige fietsryer en ysterman-deelnemer, is Sondagoggend op die R28 naby Silverstar Casino in Krugersdorp in ʼn tref-en-trap ongeluk doodgery terwyl hy fiets gery het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê dit is nog nie duidelik wat presies gebeur het nie, want die voertuig wat Nell doodgery het, het van die toneel weggejaag.

“Die ongeluk het omstreeks 06:00 plaasgevind. Die polisie was eerste op die toneel en het kardio­­-pulminêre resussitasie (KPR) begin toepas. Paramedici het by hulle oorgeneem toe hulle op die toneel kom. Hy is baie erg beseer, en ten spyte van verskeie pogings om sy lewe te red, het hy op die toneel gesterf,” het Jackson gesê.

Die Krugersdrop-polisie ondersoek die voorval. Hulle versoek enigiemand met inligting om die polisie by 10111 te skakel.

Die voorval volg skaars meer as ʼn maand nadat Burry Stander (25), ‘n bekende bergfietsryer van Suid-Afrika, op 3 Januarie deur ‘n taxi doodgery is terwyl hy geoefen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.