Fietsryer in Wes-Rand doodgery

ʼn 29-jarige fietsryer is Donderdagoggend in Westonaria in die Wes-Rand deur ʼn voertuig doodgery.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die fietsryer is omstreeks 04:30 deur ʼn Audi A4 gestamp. “Die man het verskeie kritieke beserings opgedoen. Verskeie bene in sy gesig is ook gebreek. Hy is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

Die bestuurder van die Audi het geringe beserings opgedoen. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.