Fietsryer oorleef botsing met trok

Foto: ER24

ʼn Fietsryer het Woensdagoggend ter nouernood aan die dood ontkom ná hy teen ʼn swaarvoertuig gebots het.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, is die man in sy veertigs en het die voorval op die N12 by die Roshnee-afrit in Potchefstroom gebeur.

“Na wat verneem word, was die swaarvoertuig onderweg na Potchefstroomse industriële gebied toe die botsing plaasgevind het. Daar was eers gevrees dat die fietsryer onder die voertuig vasgekeer was, maar met die paramedici se aankom het hulle die man agter die voertuig se wiel gekry. Dit wil voorkom of die voertuig se een wiel oor die man se been gery het. Hy het erge beserings aan sy onderbeen opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na die provinsiale hospitaal in Potchefstroom geneem,” het sy aan Maroela Media gesê.

Niemand anders is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.