Fietsryer sterf in ‘padwoede-voorval’

ʼn Fietsryer is dood nadat hy Woensdagoggend deur ʼn motor getref is op die Ou Vereeniging-pad in Alrode, Alberton.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die motor is glo deur ʼn taxi van die pad gedruk na ʼn onderonsie tussen die bestuurders. Wicks sê die voorval hou moontlik met padwoede verband. Die motor het glo hierna die fietsryer getref. Hy is van sy fiets geslinger en het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar. Niemand anders is in die ongeluk beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.