Fietsryer sterf ná Argus

ʼn 53-jarige man wat Sondag aan die Cape Argus-fietswedren deelgeneem het, is dood nadat hy ʼn hartaanval gekry het.

Die man van Durban, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, het Sondag op die M3-snelweg tydens die wedren ineengestort. Hy is op die toneel behandel en met ʼn helikopter na die Pallotti-hospitaal geneem waar hy later oorlede is.

Basil Bonner, ʼn dokter wat tydens die wedren diens gedoen het, het Dinsdag gesê vanjaar se mediese beamptes het uitstekende werk verrig. “Ons medelye gaan aan die fietsryer se vriende en familie,” het Bonner gesê.

Bonner sê ʼn totaal van 1520 uit die 34 000 deelnemers is vir verskeie beserings behandel. Dit is die helfte minder as verlede jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.