Fietsryer sterf Nuwejaarsdag

Foto: Netcare911

‘n Fietsryer en drie ander mense is Dinsdagoggend dood nadat ‘n ligte afleweringsvoertuig hom in Krugersdorp getref het.

“Die ligte afleweringsvoertuig het omgeslaan. Twee van die mans is kritiek beseer en ‘n ander ernstig beseer,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die fietsryer is op slag dood.” Die kritiek beseerde man is met ‘n Netcare-helikopter na ‘n hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling. Die twee ander pasiënte is op die toneel behandel en stabiliseer voordat hulle ook na hospitale geneem is.

Drie ander persone wat ook in die afleweringsvoertuig gereis het, is dood toe die voertuig omgeslaan het.

“Die besonderhede van die ongeluk is nie duidelik nie, en sal deur die polisie ondersoek word,” het Steinmann bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.