ʼn Man is Dinsdagoggend in Benoni, Gauteng, dood toe ʼn 18-wielvragmotor sy fiets getref het.
“Die ongeluk het in Birchweg in Benoni plaasgevind,” het Vanessa Jackson, woordvoerder vir ER24, gesê. “Die man, in sy 30s, het ernstige beserings opgedoen en is dood voordat paramedici by die toneel opgedaag het.”
Volgens Jackson is dit nog nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk is nie. Die plaaslike polisie was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.
Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.