Fietsryers beseer toe trok sy vrag by Potch verloor

‘n Foto volg onderaan die berig. Twee fietsryers is Donderdag beseer toe ʼn vragmotor sy vrag kratte met leë bottels op die N12 naby Potchefstroom verloor het.

“Paramedici van ER24 en die plaaslike brandweer is na die toneel tussen Potchefstroom en Klerksdorp ontbied,” het Christo Venter, woordvoerder van ER24, gesê. “Twee fietsryers is beseer toe die vrag afgeval het. Hulle het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na die Potchefstroom-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie en die N12 moes vir ʼn geruime tyd gesluit word om die toneel op te ruim.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

Sterkte word julle toegewens.

‘n Ongeluk gebeur so maklik, selfs wanneer jy jou geliefde sport beoefen, in ‘n oogwink kan mens se lewe verander !

Word gou gesond !

Justi ·

Ek hou van die opskrif…….fietsryers bestuur toe trok sy vrag………

Wonder wie gaan nou weer daaroor n bohaai opskop?
Sterkte aan die beseerdes.

Willy ·

Daar sou nou menigte oral uitgekruip het as dit nie leë bottels was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.