Fietsryers deur polisievoertuig doodgery

Die foto is deur die gebruiker @HelivacEMS op Twitter gelaai.

Twee fietsryers is Maandag dood nadat hulle deur ʼn polisievoertuig omgery is in Alberton aan die Oos-Rand.

News24 berig dat die twee fietsryers op ʼn tandemfiets gery het op die R550 toe hulle deur die polisievoertuig omgery is. ʼn Woordvoerder van Helivac, JP van Tonder, sê die voorval het omstreeks 11:00 Maandagoggend plaasgevind. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae