Fietsryers wat deur polisie doodgery is se name bekend

Hendry Raats en Thereza Kruger. Foto: Facebook

Die twee fietsryers wat Maandagoggend deur ʼn polisievoertuig doodgery is se name is bekend.

Beeld berig dat twee vriende – Hendry Raats (53) en Thereza Kruger (48) – Maandagoggend op die R550 in Kliprivier, suid van Johannesburg op ʼn tandemfiets gery het toe hulle deur ʼn polisievoertuig doodgery is. Die voertuig was van die Kliprivier-polisiekantoor. ʼn Polisiewoordvoerder, supt. Eddie Bennet, sê die presiese oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. Hy sê hulle ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Raats en Kruger was glo nie lede van ʼn fietsryklub nie maar het glo gereeld saamgery. Kruger laat haar man en drie kinders agter. Raats was geskei en laat twee seuns agter.

Lees meer hier.

Die foto van die ongelukstoneel is deur die gebruiker @HelivacEMS op Twitter gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.