Fietsrykampioen tydens wedren beseer

Shaun Ward (regs). Foto: Facebook

Shaun Ward, ʼn 27-jarige fietsrykampioen van Potchefstroom, is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Saterdag tydens ʼn wedren op sy kop geval het.

Beeld het Maandag berig Ward het aan die Noordwes-bergfietskampioenskap naby Potchefstroom deelgeneem, toe hy glo beheer oor sy fiets verloor en kop eerste die pad getref het. Twee dokters het hom behandel totdat paramedici van ER24 by hulle oorgeneem het. Hy is aanvanklik na die Potchefstroom Mediclinic gehaas en is vandaar na die Garden City-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas. Hy is onder verdowing geplaas en aan ʼn asemhalingstoestel gekoppel.

“As hy nie sy valhelm opgehad het nie, kon dit noodlottig gewees het,” het dr. Hannes Jonker, ortopediese chirurg, aan Beeld gesê. “Ek vermoed hy het bloeding op die brein opgedoen,” het hy bygevoeg.

Ward het onder andere verlede jaar die Burger-fietstoer en Panorama-toer gewen.

-Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.