Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS) het Woensdag die aankondiging gemaak nadat daar Saterdag ʼn verhoor gehou is. Khalid Galant, uitvoerende hoof van SAIDS, sê George het nie die verhoor bygewoon nie . Hy het voor die verhoor erken dat hy die middel gebruik het nadat hy op 29 Augustus tydens ʼn kompetisie positief daarvoor getoets het. Galant sê George gaan ook van die geld wat hy gewen het moet terugbetaal.
George is een van Suid-Afrika se top fietsryers; hy het al aan die Olimpiese Spele deelgeneem, was ‘n podium-wenner in die Cape Epic, en ‘n voormalige spanlid vir Lance Armstrong in die Verenigde State se Posdiens-fietsryspan in 1999 – 2000. EPO is ‘n hormoon wat die rooibloedseltelling verhoog en die atleet se suurstofvermoë verhoog en dus sy prestasie verbeter.