Fiksheid: Vier het glo hitte-uitputting gehad

Argieffoto

Vier mense wat ineengestort het nadat hulle aan die KwaZulu-Natalse padverkeersinspektoraat werwingsfiksheidstoets deelgeneem het, is blootgestel aan geweldige hitte, het ʼn Kommissie van Ondersoek Woensdag in Pietermaritzburg gehoor.

“Al vier deelnemers is met hitte-uitputting gediagnoseer,” het dr. Douglas Wilson gesê. “Hitte-uitputting is ʼn probleem met inwendige organe en kom voor wanneer ʼn persoon aan uitermatige hitte blootgestel is.”

Wilson getuig voor ʼn kommissie wat deur Zweli Mkhizi, premier van KwaZulu-Natal, aangestel is om die agt sterftes tydens ʼn 4km-padwedloop in Desember by die Harry Gwala-stadion te ondersoek. Die padwedloop was deel van ʼn fiksheidstoets vir nuwe aansoekers by die padverkeersinspektoraat.

Meer as 34 000 mense het gekwalifiseer om aansoek te doen vir die 90 beskikbare poste.

Wilson, wat aan die hoof van inwendige medikasie staan by Edendale-hospitaal, getuig oor deelnemers wat in die hospitaal opgeneem is nadat hulle aan die fiksheidstoets deelgeneem het. Cynthia Sindisiwe Gumede, Purity Mkhithi, Khanyisile Gumede en Mandisa Mlungwana is met hitte-uitputting gediagnoseer.

Lees ook:
Dokter verander getuienis in fiksheid-saak
Fiksheidtoetse: “Niemand sal ‘n kortlys van 35 000 mense opstel nie”
Fiksheidstoetse opgeskort
Ses aansoekers sterf ná fiksheidstoets

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Hierdie keuringsproses en padwedloopuitdunne, is die mees bisarre oefening waarvan ek nog gehoor het. Kan nie dink dat verantwoordelike en regdenkende beamptes van die padverkeersinspektoraat so-iets kon onderneem het nie – of was hulle, ten spyte van hul posisies, nie so verantwoordelik en regdenkend as wat verwag is nie.

Dit lyk regtig asof Suid-Afrika, in soverre as wat dit sy verskillende Owerhede aanbetref, sukkel met grootskaalse onbevoegdheid, swak oordeel, min insig en dalk geen wysheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.