Fiksheidstoetse opgeskort

Argieffoto

Alle werwingsfiksheidtoetse vir die padverkeersinspektoraat in KwaZulu-Natal is opgeskort nadat sewe mense gesterf het.

Willies Mchunu, LUR vir vervoer in die provinsie, het gesê die voorval, waartydens “talle” mense tydens ‘n fiksheidtoets flou geval het, sal ondersoek word, berig SABC. “Meer as 34 000 aansoekers het vir die 90 beskikbare poste kwalifiseer,” het Mchunu gesê. 15 600 aansoekers het onderskeidelik Donderdag en Vrydag aan die fiksheidtoetse by die Harry Gwala-stadion deelgeneem. “Talle kon nie die hitte hanteer nie en het flou geval.” Ses mense is na die fiksheidtoetse dood en een persoon het ná die fiksheidtoets uit frustrasie glo selfmoord gepleeg. Talle is hospitaal toe geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Weereens ‘n aksie wat getuig van ondeurdagtheid en gebrekkige ervaring – en dit terwyl daar ‘n arsenaal van ervaring, kundigheid en voorskrifte beskikbaar is !! Hierdie bizarre optrede gaan mens se verstand te bowe en is dit bykans ondenkbaar dat dit binne ‘n beskaafde bestel plaasvind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.