Finansiële beloning vir Olimpiese atlete

Natalie du Toit tydens die 2008 Paralimpiese Spele

Suid-Afrikaanse atlete kan tot R400 000 verdien vir elke goue medalje wat hulle van die 2012 Londen Olimpiese Spele huis toe bring.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het dié lonende pakkette vir die Olimpiese en Paralimpiese atlete aangekondig. By die Olimpiese Spele sal ‘n atleet onderskeidelik R400 000 vir ellke goue medalje ontvang, R250 000 vir silwer, en R100 000 vir brons. Die onderskeie afrigters sal ook finansieel beloon word: R100 000 vir ‘n goue medalje, R50 000 vir ‘n silwer medalje en R20 000 vir ‘n brons medalje.

By die Paralimpise Spele sal atlete onderskeidelik R120 000 vir ‘n goue medalje, R90 000 vir silwer en R50 000 vir brons ontvang.

“In die Paralimpiese Spele ding sowat 4 000 atlete mee vir 500 medaljes,” het Gideon Sam, president van Saskok, gesê ter verduideliking waarom daar ‘n verskil in die uitbetalings tussen die Olimpiese en Paralimpiese Spele is. “Meer as 150 000 atlete ding by die Olimpiese Spele mee om slegs 300 medaljes. Die raad begryp en aanvaar egter dat dit net so spesiaal is om ‘n medalje by die Paralimpiese Spele te behaal as by die Olimpiese Spele.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.