Finansiële ondersteuning stroom in vir Lance Armstrong se organisasie

Lance Armstrong gaan op sy welwillendheidsorganisasie, Livestrong, fokus, nou dat hy verbied is om aan professionele fietsrygeleenthede deel te neem.

Donasies stroom steeds in vir Livestrong, ‘n welwillendheidsorganisasie vir kankerpasiënte. Die stigting ontvang gewoonlik sowat $3 200 per dag, maar het Vrydag sowat $80 000 ontvang. Dit is dieselfde dag wat die aankondiging gemaak is dat Armstrong geskors is en dat hy van sy sewe Tour de France-titels gestroop is. Armstrong het sy ondersteuners persoonlik op Twitter bedank. “Baie dankie aan die ongelooflike @livestrong ondersteuners wêreldwyd. Donasies is 25 keer hoër as gister s’n. Dankie dankie dankie!” het Armstrong geskryf.

Livestrong is in Oktober vanjaar reeds 15 jaar oud.

Klik hier om Lance Armstrong se Twitter-rekening te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.