Flink buurtwag red vroue glo van moontlike verkragting

cpf the reeds 2Die flinke optrede van lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in The Reeds, Centurion, het twee vroue Dinsdag van aanranding en moontlik verkragting gered nadat hulle ʼn kaal man in ʼn erf aangekeer het.

“ʼn Ooggetuie het in die straat verbygery en onraad vermoed,” het Pierre Viviers, hoof van die GPF in The Reeds, gesê. “Sy het omgedraai en toe die GPF gekontak. ʼn Tweede ooggetuie het ook onraad vermoed en met die buurtwag in verbinding getree.”

Volgens Viviers het lede van die sekuriteitsmaatskappy, MonitorNET, saam met die GPF by die toneel opgedaag. ʼn Kaal man was buite in die erf by die huis in Antonstraat. Twee vroue, waarvan een die egpaar se huishulp is, was saam met die man buite die huis in die erf. “Die man het in daardie stadium reeds die huishulp se bloes in die publiek opgelig,” het Viviers bygevoeg.

Viviers sê dit is moontlik dat huishoudelike geweld tot die voorval gelei het. “Dit is ook moontlik dat die man onder die invloed van dwelmmiddels was,” het hy gesê.

Die man het glo ook reeds een van die vroue, of vermoedelik altwee van die vroue, geklap.

Die man het hom teen die lede van die GPF verset, maar hulle het hom in hegtenis geneem en aan die polisie oorgegee.

“Die oproep wat ons van die ooggetuies ontvang het, was dat dit ʼn poging tot verkragting kan wees,” het Viviers bygevoeg.

Die woordvoerder van die Wierdabrug-polisiestasie kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

Dit wil gedoen word. Almal wat in huise woon moet liefs die ekstra rande uithaal en aansluit by ‘n buurtwag. Waar ek woon is daar vroulike lede ook, en goed opgelei. Dit kan jou lewe spaar, en die van jou gesin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.