Flooze deel goeie nuus

Sorina

Sorina

Die sanger en aktrise Sorina, oftewel die Flooze, het pas aangekondig dat sy swanger is.

Sorina het op haar Facebook-blad geskryf: “Tyd om die GOEIE NUUS met die hele wêreld te deel: Ek en manlief Braam verwag ons eersteling! Alle eer aan ons HERE GOD wat nuwe lewe gee.”[sic]

Skaars nege minute nadat sy die nuus gedeel het, het sy reeds 286 “likes” op die plasing gehad en 97 ondersteuners het haar geluk toegewens. Die gelukwensings stroom steeds in. Sorina en Braam Riekert woon saam in Pretoria, hoewel die Flooze, haar alter ego, trots is om te erken dat sy van Witbank af kom.

sorina baba

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Piet ·

Hulle is nie eers getroud nie,woon saam en is swanger! Wat ‘n voorbeeld vir ons jong mense?Dit is waarom dit in SA gaan soos dit is,ons het nie eers meer selfrespek nie,wat nog van respek vir God en die huwelik?

Ammie ·

Braam en Sorina is op 13/09/2008 te Pretoria getroud. Hervormde Kerk deur ds Tomas Dreyer.

Strawberry ·

Baie geluk Sorina, mag baba net vir julle vreugde bring. En Piet so by the way Sorina en Braam IS getroud genade moenie oordeel as jy nie weet wat aangaan nie. Kry eers jou feite reg.

Kittie Kok ·

Op 13 September 2013 staan daar op Sorina se Facebook: Vandag 5 jaar getroud met my lief liewer liefste mansmens. Dankie Braam vir jou liefde wat jy in oorvloed gee en jou lewe wat jy met my deel. Ek is steeds dol verlief op jou en totaal verlore sonder jou!!!!! Alle eer aan GOD vir n geseende huwelik!

Piet ·

Jammer,dan het ek die berig verkeerd gelees.Daar staan sy en Braam woon saam.

namibiaengel ·

Moet self sê artikel snaaks gesrkryf, praat eers van “Manlief”dan “hulle bly saam”- mens gedink getroudes bly obviously saam. (Maar ook seker nie meer in vandag se lewe nie)??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.