FNB se Jordaan gaan nie bedank nie

Michael Jordaan, hoof uitvoerende beampte van FNB

Michael Jordaan, hoof uitvoerende beampte van Eerste Nasionale Bank (FNB) bedank nié na die “Jy kan help”-veldtog nasionale kommentaar uitgelok het nie.

“Ek bedank nie as hoof uitvoerende beampte van die mees innoverende bank in die wêreld nie,” het Jordaan Vrydagoggend getwiet.

Moneyweb het berig dat Jordaan gaan bedank nadat twee onafhanklike bronne naby aan FNB gesê het hulle is in kennis gestel van Jordaan se plan om FNB teen die einde van die jaar te verlaat. Jordaan het ‘n skakel na die artikel op sy Twitter-rekening publiseer en reageer met die woord “Spekulasie”.

Jordaan het dit egter duidelik op sy Twitter-blad gestel dat FNB nié vir die advertensie om verskoning gevra het nie, slegs vir die kommentaar wat aanlyn deur die jeugdiges oor die ANC gepubliseer is. Klik hier om meer te lees.

Twitter-gebruikers het egter oor die bedanking, FNB se verskoning aan die ANC, en oor die veldtog getwiet. Tony Leon, voormalige leier van die Demokratiese Alliansie (DA) het getwiet: “Die ANC lag seker al die pad bank toe.” Ferial Haffajee, redakteur van City Press, het geskryf: “Ek wonder wanneer gaan ons, wat geboelie word, sê ’tot sover en nie verder nie’? Dit is nie ‘n goeie gevoel nie.” Die joernalis, Philip de Wet, het geskryf: “ANC: 3 teenoor 0 en die spel word al hoe korter. Goodman Gallery het terugbaklei, City Press het dwang uitgespreek. FNB het net ingegee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.